Skip to main content

Tieners

Daar is snellers wat kan aanleiding gee tot die ervaring van depressiesimptome. Dit beteken nie dat die individu met major depressie gediagnoseer sal word nie. Wanneer iemand dus van die simptome ervaar, is dit nodig om uit te vind wat die sneller is sodat daaraan aandag gegee kan word. Indien die individu nie gehelp word om die simptome self of met hulp te bestuur nie, kan dit moontlik tot depressie lei.

Daar is baie potensiële snellers wat by tieners tot die ervaring van depressiesimptome kan lei. Hier word daar net aandag aan selfbesering, boelies en sosiale media gegee.

Dit is uitdagend vir enige iemand om die simptome eie aan depressie alleen te hanteer, ook vir mense wat nie met major depressie gediagnoseer is nie. Wanneer die individu nie hulp kry om self die simptome te bestuur nie, kan selfdood uiteindelik die enigste uitweg wees vir die persoon.

Onthou, iemand kan slegs deur ‘n professionele terapeut of mediese dokter gediagnoseer word. Moenie aannames maak nie.