Johan Laten is 'n depressievegter wat die oppe en affe van depressie eerstehands ken en ervaar - elke dag. Hy is nie 'n sielkundige nie, maar is as 'n narratiewe terapeut opgelei. Hy skep gespreksgeleenthede vir kliënte wat die behoefte het aan vertroulike gesprekke rondom hulle daaglikse uitdagings en wat nie toegang tot professionele terapie het nie. Wanneer en indien nodig word die kliënt (met sy of haar toestemming) verwys vir professionele ondersteuning.
Gesprekke met tieners en volwassenes word in persoon of aanlyn gedoen.