Die hoofdoel van DEPRESSIE 101 is om met die eenmanvertoning, #puppet, depressievegters te ondersteun en die oningeligtes van inligting te voorsien sodat die gedrag van die depressievegter en die siekte beter verstaan kan wordTieners en volwassenes moet weet dat depressie In siekte is soos kanker. Dis OK om nie OK te wees nie. Die siekte kan behandel word. Wanneer mense die moed het om daaroor te praat, kan hulle gehelp word en (weer) 'n goeie kwaliteit lewe lei. Daar is altyd hoop en altyd hulp.
"Of course we can!"