Gemoedsiektes soos depressie, neem hand oor hand toe. Die moderne samelewing worstel om hierdie probleem baas te raak, enersyds omdat daar nie genoeg hulpbronne beskikbaar is nie, maar ook omdat daar soveel mistastings en stigma betrokke is. Selfhelpgidse kan baie help om die siekte te destigmatiseer, die regte pad na hulp te ontdek en die hele spektrum van beskikbare hulp te verstaan en te benut. Johan se selfhelpgids is ’n welkome toevoeging tot ons arsenaal. Dit bied ’n gemaklike leeservaring vir die man op straat, en gee die korrekte inligting en leiding sonder om die leser in mediese terme en ingewikkelde wetenskap te verstrengel.
Prof. Piet Oosthuizen
MB.ChB; M.Med (Psych); FC Psych (SA); PhD