Skip to main content

Depressie

Depressie is ‘n siekte soos kanker

Dis nie die gevolg van ’n algemene mediese toestand, medikasie, middelmisbruik of rouproses nie. Die siekte kom in herhalende episodes voor, amper soos asma-aanvalle. Depressievegters ervaar elkeen verskillende simptome van depressie en nie almal ervaar al die simptome of dieselfde intensiteit daarvan nie.

Simptome

eet te veel of te min | slaap te veel of te min (is gedurig moeg) | gereelde hoof- en maagpyn | emosioneel (hartseer, huil), geïrriteerd | rusteloos, gespanne of angstig | hoë frustrasievlakke | skuldgevoelens | lae selfbeeld | swak konsentrasievermoë, besluiteloos | kan nie maklik inligting herroep nie | vergeetagtig | verwaarloos voorkoms | selfbesering | dink baie aan die dood en om ’n einde aan die lewe te maak | deel voortdurend selfdoodgedagtes skriftelik en verbaal met ander | buitengewoon aggressief | wangedrag | min/geen belangstelling in gunsteling-tydverdryf | buitengewoon waaghalsige gedrag | afname in akademiese prestasies | gereeld afwesig (van skool of werk) | gebrek aan motivering, belangstelling en entoesiasme | vermy sosiale geleenthede (wil op jou eie wees)