Angsversteuring
Algemene angsversteuring is ‘n ernstige, buitengewone en chroniese vorm van angstigheid wat 'n mens laat sukkel om jou daaglikse aktiwiteite te hanteer. Angs kan ‘n voorloper of vroeë simptoom van depressie wees. ‘n Mens kan terselfdertyd angstig en depressief wees. Angstige mense bekommer hulle oor dinge wat waarskynlik nooit sal gebeur nie. Hulle vererger in hul gedagtes die móóntlike negatiewe uitkoms van enige saak.
Simptome
hoofpyn, hartkloppings, borspyn | versteurde slaappatrone | droë mond | kortasem | bewerig | spanning veral in nek, kakebeen en gesig | oormatige sweet | lighoofdig
Doen net jou bes, niemand is perfek nie.