Skip to main content

Agter die skerms

D101-fokus

‘n Toneelopvoering, gesprekke en werkswinkels word gebruik om mense bewus te maak van depressie en verwante siektes. Professionele terapie is nie vir almal toeganklik nie en individue moet self hulle uitdagings hanteer. Gehore word bekend gestel aan verskillende maniere waarmee hulle hulle eie depressie, maar ook dié van ander, beter kan bestuur. Hierdie gereedskap vervang onder geen omstandighede professionele terapie nie.

Direksie (NPC)

Die nie-winsgewende maatskappy staan onder leiding van

Johan Laten

Annaleen Matthee

Bemarkingsbeampte

Willie Fourie

Finansiële Beplanner

Hennie Serdyn

Rekenaarspesialis

Nic Huisman

Argitek

Johan Laten

Johan is ‘n voormalige onderwyser, programfasiliteerder en projekbestuurder.

Hy is self ‘n depressievegter en ken die uitdagings van die siekte eerstehands. Die toename in gediagnoseerde depressie, angstigheid en selfdood onder veral tieners, het hom aangespoor om sy bediening, Depressie101, in 2016 te begin. Depressievegters en hulle ondersteuners moet weet wat die siekte behels. Johan tree oral op (in SA en Namibië) waar hy ‘n geleentheid kry om sy eenmanvertoning, #puppet, op te voer en die werkswinkel, Ek is (nie) fine, aan te bied.

Terapie en medikasie is vir Johan ononderhandelbaar vir die selfbestuur van sy depressie. Die ondersteuning van sy geloofsgemeenskap is ‘n onlosmaaklike komponent van sy terapie. Hy sê: “Daarsonder sou ek heel moontlik reeds my final exit gemaak het.”

Johan doen hom nie voor as ‘n sielkundige of professionele berader nie. As opgeleide narratiewe terapeut skep hy gespreksgeleenthede vir tieners en volwassenes om in vertroulikheid oor hulle uitdagings te praat. Soos en wanneer nodig word die kliënte na professionele hulp verwys.

Johan daag jou uit om betrokke te raak, al is dit net om vir ander te sê depressie is ‘n siekte soos kanker, waaroor die depressievegter nie skaam hoef te wees nie. Dis nie ‘n ruk-jou-reg-probleem nie, maar 'n behandelbare siekte. Praat daaroor, want dis okay om nie okay te wees nie.

Johan is getroud met Annette (wetenskaplike) en hulle kinders is Jana (rekenmeester) en Melt (biokinetikus en fisioterapie-student). Prinses Laten behoort nie tot ‘n spesifieke ras nie en voltooi die gesinsfoto.