
AB wen die fight
Die gehoor word voorgestel aan die rolspelers by boeliery: Grootbek Boelie, Shaun Spectator en Willie Victim, wat elkeen se aandeel tydens die boeliery is en watter impak dit op die slagoffers daarvan het.
Die gehoor word voorgestel aan die rolspelers by boeliery: Grootbek Boelie, Shaun Spectator en Willie Victim, wat elkeen se aandeel is en watter impak dit op die slagoffers daarvan het. AB (anti-boelie) bring die oplossing: die hulp en ondersteuning wat die boelie en sy/haar slagoffer moet kry, hoe boeliery bekamp kan word en die hulp wat by die skool beskikbaar is.
Die teks van die energieke, multimedia eenmanvertoning (35 - 40 minute) is geskik vir alle ouderdomsgroepe. Die inhoud word aangepas om dit vir die spesifieke teikengehoor en hulle uitdagings relevant te hou.
Voltooi die onderstaande vorm vir navrae oor of bespreking van die werkswinkel.